当前位置:首页 >> Spookpsalms >> 歌曲列表 第1页
Spookpsalms

Spookpsalms

Persverklaring, Mei 2011 Na 8 jaar het die veteraan kunstenaar Piet Botha weer ‘n Afrikaanse album die lig laat sien.Die nuwe cd heet “Spookpsalms” en bevat 11 splinternuwe komposisies. “Daar was al ‘n paar liedjies maar toe die TV program “Wie lê waar” opduik het dit die hele album in ‘n ander rigting gestuur.Vanaf September tot Desember 2010 was ons op die pad besig met die verfilming, dwarsdeur die land en omdat die program so ‘n sterk historiese inslag het, het daar ‘n ander element ingetree in die werk nl. ‘n tipe tradisionele , tydlose gevoel…wat dan weer aanleiding gegee het na die idee van die Spookorkes wat hierdie liedjies opvoer .” Daar is ook gepoog om soveel as moontlik by tradisionele instrumentasie te bly. Derhalwe is die album vol akoestiese kitare, klavier , mondfluitjie, trekklavier, saksofoon en orrel. Dit is ‘n eiesoortige stuk werk, heeltemal buite die moderne genre en totaal anders as Botha se vorige Afrikaanse albums. “Die moeilikste ding is sekerlik om met eenvoud ‘n gewigtige saak te kan oordra, en dis wat hier gepoog is. Selfs die humor wat opduik is satiries en laat mens lag maar met nabetragting.” Die album is in April opgeneem deur Lanie vd Walt wat ook die regie en meng behartig het asook die “double -bass” gespeel het. Die tromme is oudergewoonte deur Paul vd Waal gespeel en die baskitaar deur Tertius du Plessis. Piet Botha het kitare, klavier, orrel en mondfluitjie gespeel en gesing. Die pragtige vrouestem is deur Loandi Boersma gelewer. Verder was dit geweldig opwindend om uiteindelik vir die legende Ollie Viljoen saam op ‘n album te hê , op trekklavier en orrel. Nog ‘n ou vriend en eertydse lid van die Jack Hammer groep, Leon van Zweel het die saksofoon laat huil. Donovan Borne het agtergrondsang gelewer en so het die Spookorkes die liedjies in die lewe gebring. Wat opvallend is van hierdie werk is die suiwer Afrikaans wat gebruik word. Daarbenewens die gevoel van “n ander tyd”, as mens dit so kan stel, wat mens ervaar met die deurluister daarvan. En dan die oorspronklikheid. Piet Botha sal tydens Meimaand ‘n paar vertonings rondom Pretoria gee waartydens die nuwe werk lewendig gehoor kan word en die album beskikbaar sal wees, soos by Cafè Barcelona op Saterdag die 21e en Sondagmiddag die 22e by die Blue Flame Grill in Montana, alvorens daar weer teen einde Mei na Mosambiek gegaan sal word vir die jaarlikse STRAB musiekfees. Hierna sal daar ook vertonings in die Kaap geskied asook in die Vrystaat in Juliemaand tydens die Volksbladkunstefees. Van die musiek op “Spookpsalms” is ook in die TV reeks (“Wie lê waar”) gebruik maar nie in geheel soos dit op die album verskyn nie. Hierdie opnames is deur Riku Latti gedoen. Van die nuwe nommers wat klaar aftrek kry by gehore is “Bitterfontein”. “Sysie September” (‘n nuwe verwerking van ‘n tradisionele Griekwa liedjie), “Stad sonder naam”, “Die heks is dood” en “Richmondstraat”.

专辑歌曲列表

共有11
1

声明:本站不存储任何音频数据,站内歌曲来自搜索引擎,如有侵犯版权请及时联系我们,我们将在第一时间处理!

DJ舞曲串烧免费下载网,发布啦!立即体验!