当前位置:首页 >> Brood En Melk >> 歌曲列表 第1页
Brood En Melk

Brood En Melk

Brood en Melk wys ‘n ander kant van Gerhard Steyn. ‘n Kant wat aanhangers dalk nog altyd geweet het is daar – ‘n dieper, meer sielvolle kant. Dis ‘n album wat sterk groei vir Gerhard as liedjieskrywer toon en een wat vir hom beslis nuwe aanhangers gaan kry. “Daardie kant van my was nog altyd daar en ek het dalk so nou en dan die deur op ‘n gleufie daarop oopgemaak, maar met die nuwe album het ek reg gevoel om vir mense te wys wie ek werklik is,” sê hy. Gerhard sê dis nie net die liedjies wat ‘n ander rigting inslaan nie. “Die klank van die CD is ook ver van waar my musiek in die begin was. Dis glad nie meer so elektronies nie. Dit het die klank van ‘n album wat in ‘n ateljee met lewendige instrumente opgeneem is. Hierdie veranderinge het gebeur nie omdat ek dink dis wat die mark van my verwag nie - dit het gebeur omdat dit my al nader bring aan waar ek as kunstenaar wil wees.”

专辑歌曲列表

共有15
1

声明:本站不存储任何音频数据,站内歌曲来自搜索引擎,如有侵犯版权请及时联系我们,我们将在第一时间处理!

DJ舞曲串烧免费下载网,发布啦!立即体验!